21 Oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 9

Saul en Samuel ontmoet mekaar!
Die Here praat profeties met Samuel oor die jong Saul wat die koning moet wees!

Dit moes nogal intimiderend vir Saul gewees het om te hoor by die ou priester-profeet dat hy die 1ste koning van Israel moes wees.

Dankie Here dat U die klein ander detail in die storie ook uit sorteer deur die donkies te versorg.
As U met ons besig is vir ʼn taak vorentoe dan sorg U vir die goed wat ons tans bekommer.
U is die Beplanner!