19 Oktober 2022

Dagstuk

Hebreërs 6
Ons moet geestelik bly groei en leer van nuwe beginsels uit Sy woord!
Dit verander ons om meer en meer soos Jesus te begin lyk!
Daarom moet ons vashou aan die Here se beloftes en waarhede vir ons lewens!
Hy, ons Voorganger, het immers vir ons ʼn voorbeeld lewe van hoop gelei waarvolgens ons ons lewens kan rig.
Here help ons om nie terug te val (backslide) as ons al U wonderlike gawes en waarhede al beleef het nie.
Help ons om nie daaraan gewoond te raak en dan stil te staan in ons groei (heiligmaking) nie!
Maar, Here, mag ons voluit met passie nuwe waarhede leer en toepas vir U eer en so aan U as ons hoop vashou!
U is ons Voorloper!