18 Oktober 2022

Dagstuk

1 Samuel 8
Die aanvanklike plan was dat die Here alleen die Koning van Israel sal wees en dat Hy dan Rigters gebruik om regspraak te gee oor Israel en hulle te regeer namens die Here.
Maar omdat Samuel se seuns net soos Eli’sn was, het die volk na ʼn koning gevra!
Hulle wou ook soos die nasies om hulle wees met ʼn koningshuis aan die hoof.
Die Here stippel egter ook die nadele vir hulle uit.
Here dankie dat U tipe regering wat sal werk steeds U aan die hoof het.
Maar ons is nou onderwerp aan aardse “konings”, help ons om hulle goddelik te eer.
U is ons Koning!