17 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 8
Wysheid soek jou!
Daarom moet jy wysheid en insig soek soos ʼn kosbare skat!
Hier sien ons hoe wysheid ons help in die lewe om regte besluite te neem en dit loop uit op ʼn beter lewensgehalte en BAIE meer vreugde!
“Wysheid is baie meer werd as edelstene. Daar is niks wat jy kan begeer wat teen wysheid kan opweeg nie.”
SPREUKE 8:11 NLV
Here dankie dat ons na wysheid kan vra en dit dan altyd van U af kan kry!
Wysheid kom van U af en dit is die regte manier om te leef!
U is die Skepper van Wysheid, U 1ste skepping!