16 Oktober 2022

Dagstuk
Hebreërs 5
Jesus is ons Hoëpriester!!
Elke hoëpriester wat daar deur die geskiedenis was, was net ʼn tipe (ʼn afbeelding) van Jesus, ons volmaakte en ewige Hoëpriester!
Jesus sit aan die regterhand van die Vader om voortdurend vir ons te bid en by Vader te pleit vir ons.
“En op ’n ander plek het God vir Hom gesê: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.””
HEBREËRS 5:6 NLV
Here ons besef hierdie dinge wat U ons leer is vaste kos wat ons geestelik voed!
U is ons Hoëpriester!
En ons Offer!