15 Oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 7
Samuel lei eers die volk in ʼn geestelike herlewing deur hulle te laat ontslae raak van hulle afgode!
Daarna gee die Here Samuel ʼn bo-natuurlike oorwinning oor die veel sterker en aggressiewe Filistyne toe hy ʼn lam slag en by die Here pleit.
Dalk het die Lam die donderstorm gestuur wat hulle verwar het!
Israel het in Samuel se leeftyd bly oorwin oor die Filistyne, selfs dmv. Dawid!
Samuel was die laaste Rigter en het geestelik en polities oor Israel regeer.
Hy was n priester met koninklike vermoëns!
Here dankie dat fiesiese oorwinnings kom na geestlike herlewings en skoonmaak prosesse in ons lewens!
U is ons Lam!