13 Oktober 2022

Dagstuk
Hebreërs 4

Jesus is ons rus!
Dis ñ beter en voller rus en vrede as die Israeliete se beloofde rus van Kanaan!
Maar, hierdie rus soos die Israeliete se land kan net verkry word as jy glo!!
Om te glo en te weet of jy glo het jy Sy Woord nodig:
“Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop.”
‭‭HEBREËRS‬ ‭4:12‬ ‭NLV‬‬
 
Here, dankie dat ons U Troon van genade kan benader met volle vrymoedigheid omdat, U Jesus vir ons die werk van verlossing gedoen het en ons nou kan rus in U!
U is ons Rus en Vrede!