10 Oktober 2022

Dagstuk
Hebreërs 3

Ons behoort aan God en is dus vir die hemel bestem!
Ons, soos Moses, is die huis wat Hy bou en dus moet ons gehoorsaam wees aan Hom en nie soos die Israeliete ongelowig en ongehoorsaam wees nie!
Hierdie Israeliete het hulle harte verhard en veertig jaar in die woestyn spandeer, om net net die beloofde land te mis.

Here, ek besef die slawe mentaliteit kon nie die volheid van die Belofte beleef nie en daarom moes die Egipte slawe, die Israeliete wat getrek het, eers sterf in die woestyn, voordat hulle kinders in die beloofde land kon intrek!
Here, haal die sonde slaaf mentaliteit uit my uit en gee dat ek met HOOP uitsien na die volheid van U beloftes!
U is ons Belofte van Waarheid!

Vandag gaan ons na ñ bybelse replika dorpie van Nasaret!
Daarna Karmel om te sien waar Elia die baal-priesters oorwin het!
Daarna vertrek ons om die ou stad Cesarea te sien, en ook Joppe voordat ons na Tel Aviv gaan om op die vliegtuig te klim terug na die mooie Suid Afrika!!