6 Oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 4

In ñ oorlog teen die Filistyne, dink die Israeliete dat dit goed sal wees om die verbondsark by hulle te hê soos ñ “gelukbringer", maar dit was nie die Here se plan nie en daarom sterf 30 000 Israeliete en Hofni en Pineas, die priesters ook. Hulle was boos.
Hulle pa, Eli sterf op sy stoel in die Tabernakel (priesters was nie veronderstel om te sit in die Ou Testament nie, want die werk was nog nie klaar nie).
Ikabod was die kleinkind se naam wat se ma, pa en oupa gesterf het, omdat die Ark in die Filistyne se hande was en die priesters dood was.

Here, eerder U plan as ons s'n!
Mag ons besef U trek ñ streep, sodat boosheid kan stop soos in die geval van die bose priesters!
U is die Regverdige!

Vandag besoek ons die tuin van Getsemane, en vanaf die Olyfberg bekyk ons Jerusalem!
Daarna besoek ons Kaiafas se huis en ook die opgrawings van Dawid se paleis, en ons eindig die dag om deur die tonnel van Hiskia te loop, wat water na Jerusalem gebring het!