5 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 4

Daar is net een manier om ñ kind groot te maak, en net een manier om self te ontwikkel in jou verhouding met die Here:
Dis ñ pad van wysheid!

Wysheid se uiteinde is lewe, voorspoed en vreugde teenoor die dwaasheid van selfsug en eiewys wees wat jou onvervuld los, sonder goeie verhoudings en vermoëns om met mense te werk.

Daarom moet ons besef dat alles met ons gedagtes begin:
“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
‭‭SPREUKE‬ ‭4:23‬ ‭

Kies om positief oor die lewe te dink al gebeur slegte goed, want jou hart is die fontein van water: of van lewe of van dood.
Kies lewe om uit jou hart te vloei!

Here, dankie dat U ons as U kinders “grootmaak” met liefde deur ons die heletyd wysheid te leer, soos ons daagliks die Woord bestudeer!
U is ons Liefdevolle Vader!