4 Oktober 2022

4 Oktober 2022

Hebreërs 1

Vader God kondig Sy Seun, Jesus, aan as God wat Ewig leef, regeer en groter is as enige hemelwese, groter as enige Engel!
Daarom, moet Engele soos ons hele skepping, Hom aanbid!

Deur Jesus praat die Vader ook nou met ons, en deur Sy Seun maak Hy Sy wil aan ons bekend!

Hierdie boek is geskryf vir die vroeë kerk waar Jode nou Jesus moes begin dien, en nie meer op die Ou Testament se manier van Godsdiens moes staatmaak nie.

Here, dankie dat ons ñ lewende verhouding met U kan hê!
U is Wonderbaarlik Groot!
U is die Seun van God!

Vandag besoek ons Massada naby die Dooiesee en gaan dan na Qumran, om te sien hoe getrou die Here wag hou oor Sy Woord.
Ons eindig met En-Gedi waar Dawid en sy manne vir Saul weggekruip het!
Vanaand sesuur begin Yom Kippur (dag van Versoening)!
Ons slaap vanaand in Jerusalem!!!