3 Oktober 2022

Dagstuk

1 Samuel 3

In Silo slaap ñ jong Samuel in die Tabernakel, om die Lamp ( sewestuk kandelaar) aan die brand te hou.

Drie maal gaan hy na Eli toe as die Here hom roep!
Maar die vierde keer sê hy: “Spreek Here U dienskneg luister!”

Die Here begin toe met die jong Profeet, Rigter en Priester, praat!
Hy was so die een deur wie die Here met die hele Israel gepraat het.

Here, help ons U stem hoor!
En U woorde weergee, al is dit so moeilik soos wat Samuel vir Eli moes vertel!
U is die Een wat met ons wil praat!

Vandag gaan ons na ñ onderwater observatorium in die Rooisee.
Daarna gaan ons na ñ replika van die Tabernakel, kyk wat in die woestyn staan.
(Heb. 10:1 sê dit wys na Jesus!)
Ons slaap vanaand by die Dooie See!
Ons sal seker eers laatmiddag gaan dryfswem in die soutwater!