2 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 3

Net soos Jesus:
“Jy sal guns en ’n goeie naam verkry by God en by mense.”
‭‭SPREUKE‬ ‭3:4‬ ‭NLV‬‬

Jesus het wys geleef van kleins af en dus het al hierdie seëninge in Sy lewe waar geword!

Hy was vereer agv Sy nederigheid!
Hy het al die voordele beleef van een wat in wysheid wandel!

Behalwe dat 'n ramp Hom wel getref het, al was Hy wys! v. 25
Hy het in slegte mense se plek gesterf en so elke teëspoed op Hom geneem wat ons as dwases toegekom het!

Daarom moet ons nou ook tot Sy eer in wysheid wandel!

Here dankie dat wysheid 'n lewe is wat sin maak en dan werk en lewe gee!
U is ons Beskermer!

Vandag land ons in Tel Aviv, ry deur Berseba (Abraham se verbonds-plek en sy tuiste), dan eindig ons in Eilat. (Die stad aan die Rooi see!)