29 September 2022

Dagstuk
Spreuke 2

Wysheid sal jou denke bepaal!

Ons moet wysheid soek soos ñ kosbare skat!

Hoe?
“Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig.”
‭‭SPREUKE‬ ‭2:6‬ ‭NLV‬‬
“Sy woorde” beteken ons kry wysheid in die bestudeer van die bybel!

Wysheid beskerm ons ook en hou jou weg van wellus en verkeerde geselskap!

Here, ons kies om wysheid te bly soek en so in U te bly!
Dis die veiligste plek, die beste lewenspad om te stap!
U is die kennis wat wysheid gee!