28 September 2022

Dagstuk
Johannes 20

Jesus het opgestaan!!!
Hy het die dood oorwin!
ñ vrou, Maria Magdalena, was die eerste om dit te beleef en die Engele te sien, voordat Jesus self aan haar veskyn het.

Daarna ontmoet Hy die dissipels twee keer in die bokamer en laat hulle die Heilige Gees ontvang!
Hierdie was hulle wedergeboorte!
Want, nou eers kon die waar word:
“Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.”
‭‭ROMEINE‬ ‭10:9‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat ons nie soos Thomas hoef te sien of voel nie maar ons glo!
Ons glo U leef!!!
U is die Opgestane Here!