27 September 2022

Dagstuk
1 Samuel 1

“Hannah het swanger geword en op die regte tyd geboorte gegee aan ’n seun. Sy het hom Samuel genoem, “want,” het sy gesê, “ek het hom van die Here afgesmeek.”
‭‭1 SAMUEL‬ ‭1:20‬ ‭NLV‬‬

Die Here antwoord hierdie Godvresende vrou se opregte en desperate gebed!
Dit sou die hele Israel later bevoordeel.
Haar geloof en begeerte na ñ kind, was iets wat die Here kon gebruik om Sy stem in die land weer te laat hoor, omdat Eli en sy seuns en al die Israeliete op daardie stadium nie Hom gehoor het nie!

Here, dankie dat U ons gebede verhoor, en nog groter deur ons werk as wat ons kan bid of dink.
U is Getrou!