26 September 2022

Dagstuk
Spreuke 1

Die rede vir die boek Spreuke:
“Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.”
‭‭SPREUKE‬ ‭1:7‬ ‭NLV‬‬
 
Salomo stel ñ boek saam om ons wysheid te leer en hy begin deur Wysheid te verpersoonlik.

Wysheid is iemand om te volg: dis die Here self!
Daarom is die raad aan die einde van hierdie hoofstuk 1, advies van die Here af!

Here, dankie dat
“Elkeen wat na my luister, sal veilig wees. Vir rampe hoef hy  nie bang te wees nie.”
‭‭SPREUKE‬ ‭1:33‬ ‭NLV‬‬

U is Wysheid!