25 September 2022

Dagstuk
Johannes 19

Pilatus vind Jesus oor en oor onskuldig!
Die enigste een wat Hom ter dood kon veroordeel gee toe in onder die druk wat die jode op hom geplaas het om Jesus te kruisig.

Na die Here gegesel is moes Hy Sy kruis dra en is toe op Golgota terreg gestel op die vervloekings manier van die Romeine.

Al is dit die grootste oorwinning in die geskiedenis ooit, bly dit altyd hartseer om te lees hoe Jesus vir jou en my gely het… a.g.v jou en my se sonde!

Dis die wete wat Sy geheime Fariseër volgelinge, Josef van Arimitea en Nicodemus, die moed gee om Pilatus te gaan sien vir Sy ligaam en Hom te begrawe.

Here, dankie dat U vir my gesterf het!
Gely en grusaam dood is!
U is die Koning van die Jode!