24 September 2022

Dagstuk
Eksodus 40

Instrumente wat nie gebruik word nie is nutteloos en nie tot die Here se eer nie!
Soos Moses moes begin, na al die voorbereiding om die Tabernakel te gebruik, so moet ons as gelowiges (Tabernakels van die Here) ook iets DOEN:
Vanuit ons dankbaarheid begin ons die Here dien deur goed te wees vir ander!

Dis juis toe Moses en Aaron hulle die heiligdom begin gebruik het wat die Here se teenwoordigheid oor die Tent gedaal het!
Wil jy Sy Heerlikheid dra in jou lewe?
Laat Hy dan deur jou werk vir ander se beswil!

Here as U beweeg, beweeg ons!
Soos die wolkkolom wat geskuif het wil ons aanbeweeg totdat U by iets of iemand stilstaan dan staan ons ook daar stil!
U is die Shekinah Heerlikheid wat skadu gee bedags en Lig en hitte in die woestyn-nag!