22 September 2022

Dagstuk
Johannes 18

Met die arrestasie van Jesus, vra die groep van 300 tempelwagte na Hom en Hy antwoord:
“En toe Jesus vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle almal padgegee en op die grond neergeval.”
‭‭JOHANNES‬ ‭18:6‬ ‭NLV‬‬

Hulle val neer as Hy sê “Ek Is” (Ego eimi)
Hy spreek eintlik die Godsnaam YHWH uit (want Hy sou hulle in Aramees antwoord)
As hulle in vrees op die grond lê, wag Hy eers dat hulle weer opstaan en gee Homself dan oor.
Daarom is hulle inskiklik om Sy dissipels te laat gaan, al kap Petrus die oor van Malgus af!
Jesus doen ñ wonderwerk van genesing vir Sy vyande wat Hom kom arresteer!
Daarna begin Sy verhoor eers by Annas (die eintlike hoëpriester) daarna Kaiafas (die politiese hoëpriester) en daarna Pilatus die Romeinse goeweneur!

Maar, selfs hy vind Jesus onskuldig!
Hy stel die jode dan voor n keuse:
Bevry hulle ware Koning Jesus of Barrabas die misdadiger? Hulle kies boosheid bo Geregtigheid!

Here, dankie dat U die Waarheid is waarby Pilatus gevra het!
Maar dat U, U lewe vir ons afgelê het!
U is die Waarheid:
Ek Is!
Εγω ειμι