20 September 2022

Dagstuk
Psalm 149

Die Psalm van lof aan die Here praat ook van die Ou Testamentiese beginsel, dat die Here se volk Hom ook moes loof deur te veg en aan die nasies oordeel te bring!
Maar, nou heers die Vredevors oor Sy kinders en daarom veg ons nie meer Sy vyande met die swaard nie!
Nee ons stryd is nou nie teen vlees en bloed nie, maar dis ñ geestlike oorlog teen satan en sy bose magte!

Here, ons besef ons sal wel eendag moet oordeel selfs oor die engele, maar in die era is ons geroep vir vrede!
Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word!
U is ons Vrede!