18 September 2022

Dagstuk
Eksodus 38
 
1 ton goud, 3 en ʼn half ton silwer en 2 en ʼn half ton koper is gebruik om die indrukwekkende Tabernakel te bou!
Die altaar van koper en die waskom ook van spieël-koper is al wat die gewone mense gesien het as hulle die Tent besoek het. Meeste van die kosbare meubelstukke was net te sien deur die leviete en die priesters!
 
Hulle kon eers in die Heilige ingaan nadat hulle hulself gereinig het in die waskom, terwyl hulle dit gedoen het hulle hul refleksie raakgesien sodat hulle kon skoon kom van sonde en skuld. 
Daar was nie glas spieëls in daardie tyd nie, blink gepoleerde koper is vir die doel gebruik. 
 
Here dankie vir die Heilige Gees wat nou binne in ons woon en ons bewus maak van binne van sonde sodat ons dit kan bely en skoon kan kom daarvan!!
Here U is groot!
U is Vergifnis en Oorvloed!