17 September 2022

Dagstuk

Psalm 148
Die Psalmdigter loof die Here en besef dat die engele die Here loof in die hemel en op aarde!
Hy besef die ganse skepping loof Hom, of dit nou diere is of sterre of bome: almal besing Sy lof!
Daarom doen hy ʼn beroep op alle mense maar veral op die wat die Here dien, om die Skepper te loof en te prys!
Here ons kies vandag om U Naam te besing saam met engele, sterre, visse, diere en bome, ja saam met die hele skepping!
U is die Enigste Waardige Een om ons lof en aanbidding te ontvang!