16 September 2022

Dagstuk
Johannes 16

Die Gees van Waarheid wat alle Waarheid aan ons bekendmaak, is met ons noudat Jesus in die Hemel is!
Die Heilige Gees help ons en woon in ons!
Die Gees in ons, staan ons by in die stryd teen die heerser van die wêreld: die vyand, Satan!

Jesus se lyding het oorgegaan in vreugde!
Lyding is ook deel van ons, volg van Hom!

Here, dankie vir U Heilige Gees wat ons leer en bystaan in moeilike tye!
Dankie dat U ons bewus maak van sonde, en dan die Woord aan ons openbaar sodat ons kan oorwin!
U is die Christus!