15 September 2022

Dagstuk
Eksodus 37

Die vier meubelstukke wat in die Tabernakel gestaan het: die Ark in die Allerheiligste en die tafel van toonbrode, die Sewe stukkandelaar (Minorah) en die wierook altaar, was almal van Akasiahout gemaak en met goud oorgetrek.

Dit simboliseer Jesus Christus op verskillende maniere:
Die Akasia hout beskryf Sy menslikheid, maar sonder sonde (Akasia is swaar en dig en verdroog nie soos ander hout nie!
Dis egter ook met goud oordek, wat spreek van Jesus se Godlikheid! Goud verroes of verkleur nie, dit bly mooi deur eeue se wind en weer.

Dus, word Jesus as ten volle God, en mens uitgebeeld in die meubelment van die Tabernakel!

Elke meubelstuk wys nog meer op Jesus:
Ark - lyk soos Sy Troon in die hemel.
Tafel van toonbrode bevat nagmaal (Jesus ) bo op die tafel. (Brood van die Lewe Woord)
Sewestuk kandelaar - Sy Heilige Gees die Lig wat skyn op die Woord!
Die wierook altaar - Jesus se konstante Intersessie (voorbidding) voor die Troon van God vir ons!

Here, dankie dat U vir Moses ñ openbaringsmodel gee van U Troonkamer, en U Israel daar ontmoet het.
Dankie dat ons nou U Tabernakel is!
U is die Godmens!
Jesus Christus!!