14 September 2022

Dagstuk

Psalm 147
Na die Israeliete uit ballingskap terug gekeer het en hulle ekonomies swaar gekry het, moedig die Psalmdigter hulle aan om die Here te prys:
“Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis ’n vreugde en ’n genot om Hom te prys.”
Psalm 147:1 NLV
As jy kies om Hom te begin loof, as jy kies om te sing: kom vreugde terug!
Daar is so baie om in dankbaarheid voor die Here te sing!
Dankie vir herstel
Vir redding!
Vir reën!
Vir Sy skepping!
Vir vriende en familie: verhoudings!
Dankie Here ook vir U voorsiening en U beskerming!!
Dankie vir U Woord en U Heilige Gees!
Bly die Here vandag dankie sê en sien jou blydskap terug keer!!
U is ons Vreugde!