13 September 2022

Dagstuk

Johannes 15
Die Here is ons Wingerd-stok en ons die lote…
Of ons is ʼn enjin wat op God as ons petrol loop!
Hy is IN ons en werk deur ons, daarom moet ons konstant in Hom ge-anker wees!
Dit het tot gevolg dat ons mekaar kan lief hê soos Hy ons lief het!
“Ek gee aan julle dié opdrag: julle moet mekaar liefhê.””
JOHANNES 15:17 NLV
Maar ook dat ons dan ware blydskap: vreugde, sal beleef!
Hy help ons hiermee (om in Hom te bly en Hy in ons) deur vir ons Sy Heilige Gees te gee!
Here dankie vir U Liefde, U vreugde en U Heilige Gees in ons!!!
U is die ware Druiwestok en Vader die Tuinier!
Dankie Heilige Gees as Raadgewer!