12 September 2022

Dagstuk

Eksodus 36
Die Israeliete bring ʼn oorvloed vir die bou van die Tabernakel: soveel so dat Moses hulle moet stop.
Hulle opgewonde gee kom vanuit ʼn verwagting om die Here tevrede te stel: liefde!
En ook om ʼn plek te hê om hulle liefde aan Hom te wys! Die Tabernakel!
Die visie van ʼn plek op aarde waar die Lewendige Almagtige en Alomteenwoordige God hulle wil kom ontmoet, moes hulle met ontsag en toewyding gevul het!
In die materiaal en panele wat die Tabernakel moes toemaak word daar orals talke engele in geborduur as deel van die versiering, hoekom?
Want die hele Tabernakel is ʼn replika van die Troonkamer van die Here, wat vol engele en gerubs is, oral!!
Here ons is nou U Tempel, U plek van ontmoeting!
Maar ons sien ook met hoop uit om U Troonkamer te beleef en vir ewig in U heerlikheid te Woon!
U is die Alomteenwoordige wat by ons ook wil bly!!!