10 September 2022

Dagstuk
Johannes 14

“Jesus antwoord hom toe: “As iemand My liefhet, sal hy my boodskap gehoorsaam uitvoer; en my Vader sal hom ook liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom tuisgaan.”
‭‭JOHANNES‬ ‭14:23‬ ‭NLV‬‬

Ons liefde word deur ons gehoorsaamheid aan die skrif gewys, en wanneer jy luister en doen wat die Here sê beloon Hy jou met Sy inwonende teenwoordigheid: die Heilige Gees!!

In hierdie hoofstuk staan dit vir my so duidelik uit dat Jesus sê, Hy is die openbaring van Vader  (v. 7) en die Heilige Gees is die Gees van Christus!

Dus het ons hierdie drie enige God se verhouding nodig om weer met Hom versoen te word!

“Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.”
‭‭JOHANNES‬ ‭14:6‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U vir ons plek by Vader voorberei, dat U ons nie alleen los nie, want U gee ons U Gees!
Ons sal U eer deur U te gehoorsaam!
U is God drie enige!