9 September 2022

Dagstuk
Eksodus 35

Moses stel die sabbat in as ñ weeklikse fees van rus vir alle Israeliete.
Vandag vier ons Christus se opstanding op die eerste dag van die week: Sondag.
Daarom rus ons op Sondae en die Jode steeds op Saterdae.

Vir die Tabernakel bring die volk n oorvloed vrywillige offers van kosbare goed om die meubels en toebehore mee te bou.
Onthou dat die Here die Egiptiese eienaars van die Israeliete besonderse guns vir hul laat kry toe hulle gegaan het en hulle was oorlaai met duursame geskenke wat in die woestyn nie veel beteken nie, maar vir die bou van die Tabernakel geskik was!
Die Here voorsien!

Here dankie dat U altyd ñ plan het en dat alles ten goede meewerk vir die wat U liefhet en geroep is na U wil! (Rom. 8)
U is ons Sabbatsrus!