8 September 2022

Dagstuk
Psalm 145

Dawid sing ñ loflied oor die karaktereinskappe van die Here!!
Hy besing genade, goedheid, oorwinning, skepping se prag en vele meer van wie en wat God is!

“Hulle sal vertel van U onvergeetlike goedheid; en met vreugde sing van U regverdigheid.”
‭‭Psalm‬ ‭145:7‬ ‭NLV‬‬

Laat ons soos Dawid aanhou, om elke dag die Here te prys vir wie Hy is!

Here, ons wil graag altyd ñ loflied op ons lippe hê!
Ons wil U bly besing met vreugde!
Here in U Waarheid kies ons vandag vreugdevolle lof, eerder as om te kla!
U is die Glansryke Een!