6 September 2022

Dagstuk

Eksodus 34
Hierdie wonderlike God wat Homself op 13 maniere aan Moses beskryf, sny ʼn verbond met Israel vanuit Sy genade vir hulle!
In Sy verbond verklaar Hy Sy seën oor hulle en dat hulle Sy volk sal wees!
Daar is nie ʼn verval datum op die seën oor Israel nie en daarom is hulle vandag nog geseën in alles wat hulle doen!
Vir elke belofte wat die Here egter in Sy skrif gee, is daar ʼn voorwaarde, ʼn verantwoordelikheid aan ons kant om te doen. So ook vir die Israeliete om die wet aan Moses gegee te onderhou!
Here dankie vir U genade en liefde (“Gesed” is die oorspronklike woord)
U is barmhartig en genadig maar ook regverdig!