5 September 2022

Dagstuk
Psalm 144
“Die mens is soos ’n asemteug, soos ’n skadu gaan sy dae verby.”
Psalm 144:4 NLV
In ons kwesbare verganklikheid is ons absoluut afhanklik van die Here se beskerming en voorsiening!!
Hy gryp bonatuurlik in ons lewens in, maar voorsien elke dag ook getrou in die gewone dinge!
“Gelukkig is die volk met wie dit so goed gaan. Gelukkig is die volk wie se God die Here is.”
Psalm 144:15 NLV
 
Here, ons ag onsself as die “gelukkige volk”, want ons is U s'n en daarom gaan dit met ons goed!
U is Getrou!