4 September 2022

Dagstuk
Johannes 12
 
Die opwek van Lasarus, die vriend van Jesus, uit die dood het ʼn paar ketting-reaksies tot gevolg gehad!
Maria die suster van die oopgestaande Lasarus het Jesus se voete gesalf met baie duur  lekker-ruik olie. 
Hieroor was die skelm Judas Iskariot ontstel en dit lei tot sy verraad van Jesus. 
Die mense het in Jesus begin glo a.g.v. die opstandings wonderwerk en daarom het die Fariseërs en kie begin om hulle veldtog om Jesus tereg te stel al hoe meer intens geword. 
Selfs die Griekse groep mense wat in Jerusalem was vir die Paasfees wou Jesus ontmoet. 
In die laaste 6 dae word Hy die Paaslam wat deursoek moes word vir vlek, gebrek of sonde. 
 
Here dankie dat ons U kan die wetende dat U woorde Lewe en Lig is vir ons lewens!
U is die Paaslam!