3 September 2022

Dagstuk
Eksodus 33

Die Here kies om met Moses te praat soos met ñ vriend!
Daarom ontmoet die Here hom in die tent van ontmoeting.
Die Here openbaar in Sy gesels met Moses aan hom, hoe om die volk te lei!

Dan, kom Moses as hy vir die volk pleit en vra om die Here te sien.
Hy weet God is nie ñ goue kalf nie, maar hy wil Hom sien.
Dis toe dat die Here sê: "kom staan in die Rots dan sal ek my hand oor jou hou, en as ek verby stap sal ek jou my agterkant wys!!"

Dankie, Jesus dat U ons Rots is, en as ons in U wegkruip beleef ons U teenwoordigheid!
U is ons Rots!