1 September 2022

Dagstuk
Johannes 11

“Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook.”
‭‭JOHANNES‬ ‭11:25‬ ‭NLV‬‬

Jesus wek Sy vriend Lasarus uit die dood uit op!
Dis net voor Sy eie week van lyding en dood.

Wat ñ wonderlike geloofsstuk waar beide Sy vriend se susters hulle geloof, hartseer en misnoë in dieselfde woorde uitspreek as hulle Hom sien !

Jesus huil! En uit Sy liefde vir Sy vriend, laat Hy die vier dae oue lyk weer laat opstaan!!

Here, ons wat in U glo en U vriende is sien uit na ons opstanding uit die dood!
Dankie dat dood nie die laaste sê het oor ons nie, maar U het!
U is die Opstanding en die Lewe!!