31 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 32

Aaron sê aan Moses dat hy die mense se goue oorringe in die vuur gegooi het, en toe kom daar ñ goue kalf uit!
Ons verskonings vir die afgode in ons lewens is so: as ons weer kyk is hulle daar en dan dink ons dis God, maar dis ons eie weergawe van God, wat nooit genoeg kan wees nie!
As jou beeld van God deur jou eie denkwyse gebou is: Hy is groter as dit!

Ons harte is afgodsfabrieke: as ons weer kyk dan vorm ons van ñ tradisie of van een of ander gebeurtenis of plek ñ god!

Mag jy besef God is groter as alles wat Hy vir jou al gedoen het, en groter as jou idees as mense wat goed is, en as gebruike wat jou help!

Here, U alleen is God!!
Help ons om nie soos die Israeliete ons eie beeld, ons eie goue kalf, van U te maak nie! U kies om NIE uitgebeeld te word nie!
Dankie vir Moses wat intree soos ons moet, soos Christus vir ons!
U is GOD!