30 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 142

Dawid roep uit na die Here vanuit die grot waar hy gewoon het en weggekruip het vir Saul.

Hy besef dat dit nie help om te kla by mense nie, maar eerder met die Here alleen te praat oor sy probleme en versugtinge!

Here, ons roep uit na U alleen! U is die Een wat ons red, help en gelowiges as broers en susters rondom ons oprig!
U is ons Bevryder!