29 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 10

Jesus verduidelik dat ons slegs deur Hom as die deur, in die skaapkraal van Sy Koninkryk kan inkom, en op geen ander manier sal ons toegang kry tot Sy beloftes en volheid van Lewe nie!

Daar is ñ vyand wat ons, as die Here se skape wil kom moor roof en steel, maar by ons Herder kry ons Lewe!

Here, die mense van die tyd het nie verstaan dat U hulle Herder is nie, en daarom wou hulle U doodmaak op verskeie kere, help ons om agter U aan te loop, soos skape wat U stem ken!
U is die Goeie Herder!