28 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 31

Besaleël en Oholiab word deur die Gees van die Here besonderse vakmanskap vaardighede gegee, om al die meubels van die Tabernakel en die tent self ook te maak!
Hoe wonderlik dat hierdie selfde Gees, die Heilige Gees, jou toerus met bonatuurlike gawes om ander te help! (1Kor. 12:7)

Die Sabbatsrus wat ñ onoorkombare wet is, is nie net ñ goeie beginsel, om rus as ñ roetine in jou week in te bou nie, maar ook ñ heenwysing na Jesus wat ons ware rus is!
Omdat Hy uit die dood uit opgestaan het op ñ Sondag, rus ons op die eerste dag, ter viering van Sy oorwinning!
Ons werk ook nie meer ses dae om te rus nie (dis die Ou Testament wet), ons rus nou die eerste dag en werk dan ses dae uit dankbaarheid!(dis die Nuwe Testament genade)

Here, dankie vir U Heilige Gees wat ons toerus!
U is ons ware Rus!