26 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 9
Jesus genees ʼn blind gebore man wonderbaarlik!!!
Daarna word die man deur die Fariseërs ondervra en later uit die sinagoge (sy plaaslike “kerk”) verban!
Maar Jesus stel Homself voor as sy Messias!
En die man kom tot geloof in Christus en begin Hom aanbid!
Die blinde wat genees is sien nog voordat die dissipels kon “sien” dat Jesus waarlik die Profeet is!
Here help ons om nie geestelik blind te wees nie maar te sien wie U is!
U is die Profeet!