25 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 30

Die wierook altaar simboliseer ons gebedslewe met die Here!
Elke oggend en elke aand moes daar wierook geoffer word, hierop so moet ons 'n oggend en aand roetine van gebed hê!

Deel van ons gebedslewe is om ons daagliks te reinig soos die priesters met die koperwaskom hulself daagliks gereinig het, so moet ons met “die waterbad van die woord (Ef. 5:26) skoon gemaak word.

Here, ons het 'n daaglikse roetine van Bybel lees en bid voor U wat oor en oor uit die skrif vir ons aanbeveel word, help ons asseblief om dit getrou te doen!?
U is die Gesalfde!