22 Augustus 2022

Dagstuk

Met die toewyding en salwing van Aaron, en sy seuns as priesters was daar rituele en offers wat gedoen moes word om hulle eers skoon te kry, voordat hulle namens die volk kon offers bring om hulle rein te kry.
Al die bloed dui op Jesus se bloed, wat jou en my vandag reinig!

Here, dankie dat ons nou U priesters is, en dat U as Lam eens en vir altyd vir ons die offer was!
U is die Offerlam en die ware Hoëpriester!