21 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 139

Dawid besef die Here is orals!
Hy is in ons, Hy is om ons en Hy is selfs waar ons nie is nie: Hy is Alomteenwoordig!
Maar, Dawid besef ook dat Hy ons geken het in ons moederskoot, nou en in ons toekoms!
Hy is Ewig ook!

Here, dankie dat U orals en altyd by ons is!
U het ons gemaak!
U ken my waarlik deur en deur!
U is ons Maker!