20 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 7

Jesus se besoek en prediking by die Loofhuttefees (moontlik die tweede jaar van Sy aardse bediening ) het die skare Israeliete, en selfs die skrifgeleerdes verdeeld gelaat: daar was ñ groep teen Jesus en ñ groep vir Hom!
Dit was omdat Hy almal uitgedaag het om in Hom te glo!
“Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’
‭‭JOHANNES‬ ‭7:38‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat ons in U kan glo, en die Heilige Gees soos ñ bron van lewende water kan ervaar in en deur ons!!
U is die Lewende Water!