19 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 28
Die klere vir Aaron die Hoëpriester, word beskryf sodat dit noukeurig gemaak kan word.
Ook sy seuns, en die res van die priesters se drag word uitgestippel.
Vir my en jou as nuwe Testamentiese priesters (1Petr. 2:9) beteken dit dat ons die regte klere, geestelik, moet dra!
Ons moet geklee wees in geregtigheid!
Deur Jesus se genade kan ons met geregtigheid geklee word, wat ons aanvaarbaar maak in die Here se teenwoordigheid!
Here, dankie dat U ons as priesters, as gelowiges aantrek.
U is ons Kleed!