18 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 138

Die Here het ñ plan met jou lewe!!
Bid soos Dawid en vra die Here om die plan deur jou lewe ten volle te vervul!
Dan sal al die leiers oor die aarde….“sal sing van die werke van die Here, want groot is die heerlikheid van die Here.”
‭‭PSALMS‬ ‭138:5‬ ‭NLV‬‬

Here, dis wonderlik dat koning Dawid kon raaksien, dat al die nasies U gaan loof en nie net die Israeliete nie!
 Dis miskien deel van U plan met ons lewens: om die nasies van U te vertel!
U is die Here hoog verhewe, aan U liefde is geen einde nie!