17 Augustus 2022

Dagstuk
Johannes 6

Jesus is die Brood van die Lewe!!!
Ons moet Hom elke dag eet!
Elke dag deel hê van Hom sodat ons kan groei!
Jesus leer die belangrike beginsel vir Sy dissipels, nadat Hy die vyf brode en twee vissies vermeerder om 5 000 mans te voer.
Sommige neem aanstoot hieroor, want hulle dink Hy praat van kannibalisme, maar Sy twaalf bly by Hom al verstaan hulle nie ten volle wat aangaan nie!
Eet jy daagliks?
Eet dan ook daagliks van die Here: bou aan jou verhouding met Hom deur die Woord en in gebed!

Here, dankie dat U ons voed met U Woord!
U is die Brood wat lewe gee!!