16 Augustus 2022

Dagstuk
Eksodus 27
Die Tabernakel was omgrens met ʼn fyn wit linne wat aan 60 pale gehang het met die oostekant se opening nog 6 pale by. Daar is 66 boeke in die Bybel en “daarbinne” ontmoet ons die Here!
Die koper altaar is waar daaglikse offers gebring is!
Ek en jy moet daagliks by die Here uitkom om met Hom ons verhouding te bou!
Here dankie dat vanuit U lewe ons!
U is nie net ʼn deel van ons lewe nie, U is ons Lewe!
U is ons Altaar van Genade (nie meer van koper- oordeel- nie)!