15 Augustus 2022

Dagstuk
Psalm 137
Die Jode se Pelgrimsliedere was oor die wêreld bekend, so toe die Babiloniërs hulle in ballingskap wegvoer, en wou hê hulle moes ñ loflied sing, was hierdie die hartseer lied uit hulle gevangenskap.
Dit was ook ñ lied om die geslagte daarna te herinner aan Jerusalem se val deur Babelonië en ook Edom, die bure van Israel se verraad!
Here, laat ons besef daar is ñ tyd vir lag en ñ tyd vir huil!
Mag ons saam met die ween wat hartseer is!
U is die Lied op ons lippe!